Malta

Republiek Malta
Repubblika ta' Malta (Maltees)
Republic of Malta (Engels)
Vlag van Malta Wapen van Malta
Vlag Wapen
Volkslied: L-Innu Malti (Maltees)
The Maltese Hymn (Engels)
(Afrikaans: "Die Maltese volkslied")
Ligging van Malta
Hoofstad Valletta

35°53′N 14°30′O / 35.883°N 14.500°O / 35.883; 14.500

Grootste stad Birkirkara
Amptelike tale Maltees en Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Myriam Spiteri Debono
Robert Abela
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid en grondwet
• Republiek
van die Verenigde Koninkryk
21 September 1964
13 Desember 1974
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
316[1] km2  (186ste)
122 myl2
0,001
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
493 559[2] (167ste)
519 562[3]
1 649 / km2 (8ste)
4 270,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$35,175 miljard[4] (148ste)
$66 716[4] (24ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$21,682 miljard[4] (131ste)
$41 124[4] (31ste)

MOI (2022) 0,915[5] (25ste)  –  baie hoog
Gini (2022) 31,1[6] –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .mt
Skakelkode +356

Malta (Maltees: [ˈmɐltɐ]; Engels: [ˈmɒltə] of [ˈmɔːltə], ), amptelik die Republiek Malta (Maltees: Repubblika ta' Malta; Engels: Republic of Malta), is 'n klein Suid-Europese eilandstaat sentraal geleë in die Middellandse See, 80 km suid van Sisilië, 284 km oos van Tunisië en 333 km noord van Libië, met Gibraltar 1 755 km na die weste en Alexandrië 1 508 km na die oostekant.[7]

Nasa-Satellietbeeld van Malta

Malta beslaan net meer as 316 km² in landoppervlak, wat dit een van die wêreld se kleinste state maak.[8][9][10] Die Maltese argipel bestaan uit die eilande Malta, Gozo, Comino en verskeie klein onbewoonde eilande onder andere Cominotto en Filfla. Dit is ook een van die lande met die hoogste bevolkingsdigtheid ter wêreld. Malta se de facto hoofstad is Valletta en die grootste stad is Birkirkara. Die hoofeiland bestaan uit heelwat dorpe wat saam 'n Groter stedelike gebied (GSG) vorm met 'n totale bevolking van 368 250, volgens Eurostat.[11] Die land het twee amptelike tale, Maltees (grondwetlik die nasionale taal) en Engels.

Regdeur die geskiedenis was Malta se unieke ligging van groot strategiese belang,[12] met die gevolg dat opeenvolgende ryke en moondhede oor die eilande geheers en regeer het. Dit sluit in die Fenisiërs, Grieke, Romeine, Arabiere, Normandiërs, Aragonese, Habsburg-Spanjaarde, Orde van Malta, die Franse en die Britte. In 1964 verkry Malta onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en word in 1974 'n republiek. Malta behou lidmaatskap tot die Britse Statebond na onafhanklikheidswording. Malta tree in 1964 toe tot die Verenigde Nasies en in 2004 tot die Europese Unie. Malta is ook 'n ondertekende van die Schengen-ooreenkoms[13] en het in 2008 deel geword van die Eurosone.

Malta het 'n lang Christelike geskiedenis en nalatenskap en is 'n Apostoliese bisdom. Volgens die Bybelboek Handelinge[14] het Paulus skipbreuk gelei op "Melite", soos die Grieke dit genoem het, en het daar 'n bediening gehad.[15] Die Rooms-Katolieke geloof is die amptelike geloof in Malta soos verklaar deur die Maltese grondwet.[16][17]

Malta is wêreldwyd bekend as 'n toeristebestemming. Die eilande het talryke toeristebestemmings en historiese monumente, insluitend nege Unesco-wêrelderfenisgebiede,[18] onder andere die baie prominente Megalitiese tempels wat van die oudste losstaande strukture ter wêreld is.[19][20][21]

  1. (en) Zammit, Andre (1986). "Valletta and the system of human settlements in the Maltese Islands". Ekistics. 53 (316/317): 89–95. JSTOR 43620704.
  2. (en) "World Population Day". nso.gov.mt. Malta National Statistics Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
  3. (en) "Census of Population and Housing 2021" (PDF). Nasionale Statistiekkantoor. Julie 2022. Besoek op 4 April 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Malta". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 4 April 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 4 April 2024.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 4 April 2024.
  7. (en) The Maltese Islands, Departement of Information, Malta, 2012, http://gov.mt/en/About%20Malta/Maltese%20Islands/Pages/The-Maltese-Islands.aspx, besoek op 5 Oktober 2012 
  8. (en) European Microstates, Traveltips24.com, 22 Desember 2008, archived from the original on 22 Januarie 2009, https://web.archive.org/web/20090122112742/http://www.traveltips24.com/European_Microstates.htm, besoek op 31 Maart 2009 
  9. (en) Career guidance in Malta: A Mediterranean microstate in transitio, Ingentaconnect.com, 16 Junie 2006, archived from the original on 6 April 2011, https://web.archive.org/web/20110406130024/http://www.ingentaconnect.com/content/klu/adco/1998/00000020/00000001/00135717#aff_1, besoek op 31 Maart 2009 
  10. (en) The Microstate Environmental World Cup: Malta vs. San Marino, Environmentalgraffiti.com, 15 Desember 2007, archived from the original on 25 Januarie 2013, https://web.archive.org/web/20130125032047/http://www.environmentalgraffiti.com/offbeat-news/the-microstate-environmental-world-cup-malta-vs-san-marino/613, besoek op 31 Maart 2009 
  11. (en) Malta, Eurostat, http://www.urbanaudit.org/DataAccessedCSV.aspx?MultiIndicators=1&MultiCities=34&Groups=2&Years=5&JurisdictionLevels=3&lbOrder=1 
  12. (en) Situation, A History of Malta, 6 Februarie 2008, archived from the original on 26 Februarie 2012, https://web.archive.org/web/20120226073158/http://members.ziggo.nl/bezver/introduc.html, besoek op 14 September 2012 
  13. (en) Europese Kommissie, Europe and you in 2007, Passport-free travel extended, archived from the original on 17 Desember 2007, https://web.archive.org/web/20071217180146/http://ec.europa.eu/snapshot2007/travel/travel_en.htm, besoek op 21 Desember 2007 
  14. (af) , Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-5&book=ACT&chapter=28&version=0&GO=Wys 
  15. (en) Department of Information, Doi.gov.mt, 3 Maart 2008, archived from the original on 25 November 2009, https://web.archive.org/web/20091125021207/http://www.doi.gov.mt/EN/islands/dates.asp, besoek op 2 Maart 2008 
  16. (en) "Malta". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 April 2024.
  17. (en) Chapter 1 – The Republic of Malta, Legal-Malta, archived from the original on 27 Augustus 2011, https://web.archive.org/web/20110827044831/http://www.legal-malta.com/law/constitution-1.htm, besoek op 4 September 2011 
  18. (en) Megalithic Temples of Malta, http://whc.unesco.org/en/list/132, besoek op 16 September 2008 
  19. (en) Megalithic Temples of Malta, UNESCO, http://whc.unesco.org/en/list/132, besoek op 20 Januarie 2011 
  20. (en) Malta Temples and The OTS Foundation, Otsf.org, http://www.otsf.org/, besoek op 31 Maart 2009 
  21. (en) Daniel Cilia (2004), Malta Before History, Miranda Publishers, ISBN 9990985081 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search